|

Stellenbosch-buurtwag neem aan nasionale massapatrollie deel

Die AfriForum-buurtwag in Stellenbosch het op 14 Oktober in samewerking met ABC-sekuriteit en die plaaslike SAPD aan die nasionale massapatrollie deelgeneem. Tydens die patrollie is daar ongeveer 740 km in en om die Stellenbosch-area gepatrolleer. Die Stellenbosch-buurtwag het ook hulle nuwe hommeltuig vir die patrollie vir lugbystand ingespan. Dié patrollie is gedoen om sigbaarheid op te skerp.

“Hierdie tipe patrollies is noodsaaklik vir misdaadvoorkoming. Die buurtwag is dankbaar vir die saamwerkverhoudinge tussen die AfriForum-buurtwag in Stellenbosch en die plaaslike SAPD asook ander sekuriteitsmaatskappye wat saamspan om die Stellenbosch-gemeenskap te beveilig,” sê Jac Pietersen, voorsitter van die Stellenbosch-buurtwag.

Soortgelyke plasings