|

AfriForum skenk een ton vleis aan #HelpJag-projek

“Ek glo kinders het die reg om gevoed te word en ons sien deur hul glimlag en trane watse reuseverkil ’n bord kos in kinders se lewens maak. Daarom bedank ons elkeen se bydra tot dié inisiatief,” sê Bakkies Botha, voormalige Springbok-rugbyster en ambassadeur van Solidariteit Helpende Hand se #HelpJag-projek.

Sowat 1,5 ton vleis, waarvan een ton deur AfriForum se takhulpfondse geskenk is, is vandag deur die #HelpJag-projek aan meer as 200 behoeftige gesinne in die groter Pretoria-omgewing versprei.

#HelpJag is in 2018 gestig weens ’n tekort aan ’n goeie, goedkoop bron van proteïene vir Helpende Hand se #StopHonger-voedingskema en sedert hul stigting is meer as 60 ton vleis aan behoeftiges versprei.

Dié inisiatief moedig jagters aan om wildsvleis vir Helpende Hand te skenk. Die organisasie betaal dan vir die verwerking van die diere wat jagters jag voordat dit na behoeftige gesinne versprei word.

Besoek www.helpjag.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings