AfriForum sleep Vrystaatse premier hof toe oor minagting van hofbevel

Mafube-saak: Uitspraak voorbehou in saak teen Vrystaatse premier en Kie.

AfriForum het op 25 Mei die hof vir die volgende bevel gevra:

  • Dat die Vrystaatse premier skuldig bevind word aan minagting van die hof.
  • Die premier moet daadwerklike ingryping bewerkstellig om gehoor te gee aan die hofbevel van 2022.
  • Noodplanne moet onmiddellik in plek gestel word om besoedeling van die Vaal- en Wilgerivier te stop.
  • Die premier moet aan die hof terugvoer gee oor die vordering van die ingryping.

AfriForum sal die gemeenskap op hoogte hou van ontwikkelinge rondom die hofsaak. Onderteken die petisie om ons te ondersteun en verder druk te plaas op owerhede om dienste te begin lewer of om dit aan die gemeenskap te oorhandig om dit self te begin doen.

AfriForum en die Mafube-besigheidsforum pak die Mafube Plaaslike Munisipaliteit weer binnekort in die hof oor swak dienslewering. Hierdie regsaksie volg nadat AfriForum die munisipaliteit tydens ’n vorige hofverskyning bloedneus gegee het en die hof dit ’n bevel gemaak het dat die provinsiale regering moet ingryp om dienslewering in die munisipaliteit te verbeter. Dit het egter nie gebeur nie en daarom het AfriForum weer die hof genader om die premier aanspreeklik te hou omdat die vorige hofbevel nie nagekom is nie.

Voeg jou stem by die klag en ondersteun ons hofaansoek deur die petisie te onderteken en sodoende vir ons jou mandaat te gee om die munisipaliteit aanspreeklik te hou vir swak dienslewering.

Soortgelyke plasings