|

Malmesbury-tak reorganiseer bestuur

AfriForum se Malmesbury-tak het sy bestuur op 23 Mei gedurende ’n takvergadering gereorganiseer.

Die bestuur bestaan nou uit Riaan Muller (voorsitter), Dries van Jaarsveld (ondervoorsitter), Johan Visser (sekretaris), Enrico du Toit (tesourier), Marius van Zyl (plaaslikeregeringsake), James Waugh (omgewingsake), Johan Phul  (jeug) en Christo Smit (veiligheid).

“AfriForum as selfdoen-organisasie speel ’n groot rol om gemeenskappe van hulp te wees om sodoende volhoubaar, vry, veilig en voorspoedig te kan voorbestaan,” sê Johan Crous AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus.

“Dié AfriForum tak toon van die sterkste groei in die land en ons takstrukture se impak is op verskeie vlakke noemenswaardig. Hoewel hierdie groei aan meer as een rede toegeskryf kan word, is ons daarvan oortuig dat dié gemeenskap ons ondersteun juis omdat ons na gemeenskapfederalisme strewe – selfdoen en selfbestuur,” sê Crous.

“Ons is reg om ons deel vir ons gemeenskap te doen en ook saam te werk met bestaande organisasies wat dieselfde ideale as ons nastreef. Ons bestuur gaan binnekort weer vergader om die jaarprogram te bespreek,” sê Muller, die nuutverkose voorsitter.

Dié tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en daardeur ’n daadwerklike verskil te maak. Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings