|

AfriForum stig buurtwag in Vredendal

AfriForum het op 28 Augustus ’n buurtwag in Vredendal gestig. Dié buurtwag is die organisasie se negende veiligheidstruktuur wat in die Matzikama-distrik op die been gebring is.

Alvorens ’n buurtwag gestig mag word, word 30 gedragskodes benodig. Die bestuur bestaan uit die volgende lede: Martin Nelson (voorsitter), Andél Louw (sekretaris) en Pieter Johan Louw (koördineerder). Ander AfriForum-buurtwagte en -plaaswagte in die nabye omgewing het al verskeie suksesse behaal.

“Die gemeenskap in Vredendal is baie opgewonde om in samewerking met die SAPD en ander plaaslike veiligheidsinstansies die dorp verder te beveilig en verantwoordelikheid vir hul gemeenskappe te neem,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurtwaglede en lede ontvang ook deurlopend opleiding.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Vredendal” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings