|

AfriForum-tak verf padmerke oor vir beter sigbaarheid

AfriForum se Rayton-Heuwelsig-tak in Bloemfontein het op 26 Februarie padmerke op die hoek van Curlewis- en Raytonweg en Dan Pienaar-rylaan oorgeverf om dit meer sigbaar te maak.

Hierdie plaaslike tak het ingespring om die padmerke oor te verf, nadat die Mangaung Metro versuim het om hierdie verpligting na te kom.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, kan onduidelike padmerke verwarring skep en motorongelukke veroorsaak.

“Ons kan nie net terugsit en toekyk hoe Bloemfontein agteruitgaan weens die munisipaliteit se swak bestuursvermoë nie, daarom het die tak die inisiatief geneem om die padmerke oor te verf. Dit verhoog padgebruikers se veiligheid en verbeter ook die algehele netheid van die paaie. Ons gemeenskap se veiligheid word eerste gestel en ons sal ons bes doen om projekte soos dié volhoubaar te maak. Ons het ook die ondersteuning van die gemeenskap en besighede nodig om Bloemfontein weer tot sy volle glorie te herstel,” sê Groenewald.

Die Rayton-Heuwelsig-tak se buurtwaglede, patrolleerders en brandbestrydingspan was betrokke by die projek.

Groenewald bedank vir dr. Dirk Kemp wat die verf geskenk het om hierdie projek moontlik te maak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “AfriForum” na 45344.

Soortgelyke plasings