|

AFRIFORUM STIG ’N BUURTWAG IN PEARLY BEACH

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 26 Augustus 2021 ’n buurtwag in Pearly Beach gestig. Dié buurtwag vorm deel van AfriForum se Overstrand-tak.

AfriForum bied bepaalde voordele en beskerming aan sy buurt- en plaaswaglede, en lede ontvang ook deurlopend opleiding. Alvorens ’n buurtwag gestig mag word, word 30 gedragskodes benodig. Die bestuur van die buurtwag bestaan uit Christa Binedell (buurtwagleier), Mark Boontjes (operasiekoördineerder), Isolde Smith (steunkoördineerder) en Tinus Prinsloo (inligtingskoördineerder).

“Die gemeenskap in Pearly Beach het besef dat hulle verantwoordelikheid sal moet neem vir hul eie veiligheid en sien daarna uit om saam met die SAPD en ander plaaslike veiligheidsinstansies en rolspelers te werk om sodoende hul omgewing te beveilig,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die plaaslike tak sal ook binne hul vermoëns die buurtwag van die nodige uitrusting voorsien.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Overstrand-tak: SMS “Overstrand” na 45350 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe bydrae.

Soortgelyke plasings