|

AfriForum stig tak in Knysna

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 18 Oktober tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Knysna tak gestig.

Die nuwe takbestuur bestaan uit: Schalk van der Merwe (voorsitter), Pieter Jansen van  Rensburg (ondervoorsitter), Fanus Brink (sekretaris), Maretha Morkel (tesourier), Aubrey Williams (plaaslikeregeringsake), Chris van der Merwe (omgewingsake), Pierre Vienings (veiligheid) en Bernard Albert (jeug).

Gedurende dié vergadering het David Olivier, distrikskoördineerder by AfriForum, die organisasie se model voorgehou. Hy het ook uitgebrei oor AfriForum se veiligheidsplan en -strukture, asook voordele daaraan verbonde om hierdie twee aspekte in plek te hê. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in.

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak. “Ons sien uit daarna om talle selfdoen-projekte van stapel te stuur en om sodoende die gemeenskap te dien sowel as om hulle meer weerbaar te maak,” sê Schalk van der Merwe, voorsitter van die Knysna-tak.

SMS “Knysna” na 45350 (R1) om by AfriForum se Knysna-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings