AfriForum-tak in Christiana maak die dorp skoon


AfriForum-lede in Christiana het die afgelope maand die veiligheid van die dorp verbeter deur gebiede skoon te maak waar die gras geil gegroei het. Dié lang gras hou onder meer ’n brandgevaar aan die vooraand van die brandseisoen in. Vir motoriste wat nie om die draaie op straathoeke kan sien nie hou lang gras ’n gevaar in en skep ook wegkruipareas vir misdadigers. Die dorpsplein in Christiana was ’n wegkruipplek vir misdadigers en is ook skoongemaak.
Die takbestuur bedank elkeen wat by hierdie projek betrokke was en maan inwoners om hul eie erwe skoon en veilig te hou. Besigheidseienaars word ook gevra om hul sakepersele skoon en veilig te hou.

“Dit is verblydend dat die gemeenskap so hande vat om die dorp mooier en veiliger te maak. Die AfriForum-buurtwag in Christiana is baie aktief en doen goeie werk; daarom is hierdie soort skoonmaakaksies belangrik vir hulle om hul taak te vergemaklik,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou AfriForum-tak betrokke: SMS “Christiana” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings