AfriForum se Upington-, Kuruman- en Kathu-buurtwag ontvang opleiding


Lede van AfriForum se Upington-, Kuruman- en Kathu-buurtwag het die afgelope naweek opleiding ontvang rakende die wetlike aspekte van burgerlike arrestasies. Die buurtwagte vorm deel van AfriForum se plaaslike takstrukture en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die SAPD in tye van nood by te staan.
Volgens Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur.

“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture om saam met die buurtwag te werk,” sê Steven van Tonder, voorsitter van AfriForum se Upington-tak.
“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in ons dorpe maak,” sluit Louw af.

SMS “Buurtwag” na 32532 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings