AfriForum maak Gauteng-Suid se blou-en-groendruppelresultate bekend


AfriForum het gedurende April 2018 verskeie dorpe in Gauteng-Suid se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

“Ons kon vasstel dat elke dorp, behalwe Edenvale, se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum se plaaslike struktuur in Edenvale gaan die watergehalte daar deurlopend toets nadat hoë fosfaatlesings geneem is. Hoewel dit nie lewensgevaarlik is nie, het inwoners ’n grondwetlike reg op skoon drinkwater,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat die meerderheid van Gauteng-Suid se drinkwater skoon is.

Gauteng-Suid
Tak Munisipaliteit AfriForum-bloudruppel 2016 AfriForum-bloudruppel 2017 AfriForum-
bloudruppel 2018
Alberton Ekurhuleni Metro Skoon Skoon Skoon
Bedfordview Ekurhuleni Metro Skoon Skoon
Benoni Ekurhuleni Metro Skoon Skoon Skoon
Brakpan Ekurhuleni Metro Skoon
Boksburg Ekurhuleni Metro Skoon Skoon
Edenvale Ekurhuleni Metro Skoon Fosfaat >25
Elsburg Ekurhuleni Metro Skoon Skoon
Germiston Ekurhuleni Metro Skoon
Heidelberg Lesedi PM Skoon Skoon Skoon
Kempton Park Ekurhuleni Metro Skoon Skoon Skoon
Lochvaal Emfuleni PM Skoon n.v.t. Skoon
Midvaal Midvaal PM Skoon Skoon
Nigel Ekurhuleni Metro Skoon Skoon Skoon
Primrose Ekurhuleni Metro Skoon
Randburg Johannesburg Metro Skoon Skoon Skoon
Randfontein Randfontein PM Skoon Skoon
Springs Ekurhuleni Metro Skoon Skoon Skoon
Tedstoneville Ekurhuleni Metro Skoon
Vanderbijlpark Emfuleni PM Skoon Skoon Skoon
Vanderbijlpark-Wes Emfuleni PM Skoon Skoon Skoon
Vereeniging Emfuleni PM Skoon Skoon Skoon
Westonaria Stad Mogale PM Skoon Skoon Skoon

 
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen sewe van die dorpe se rioolwater nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Gauteng-Suid
Tak Munisipaliteit AfriForum- groendruppel 2016 AfriForum- groendruppel 2017 AfriForum- groendruppel 2018
Alberton Ekurhuleni Metro 3 900 Skoon Skoon
Boksburg Ekurhuleni Metro Skoon
Brakpan Ekurhuleni Metro Skoon
Edenvale Ekurhuleni Metro >1000
Fosfaat-telling >50
Elsburg Ekurhuleni Metro Skoon
Heidelberg Lesedi PM n.v.t. >3 000 Skoon
Kempton Park Ekurhuleni Metro n.v.t. n.v.t. >1000
Nigel Ekurhuleni Metro Hoë konsentrasie fekale kolivorme >3 000 >3 000
Primrose Ekurhuleni Metro Skoon
Randfontein Randfontein PM >4 000 >3 000
Springs Ekurhuleni Metro 2 000 >2 000 >2 000
Tedstoneville Ekurhuleni Metro Skoon
Vanderbijlpark Emfuleni PM Skoon >1 000 >1 000
Vereeniging Emfuleni PM Skoon Skoon >1 000
Westonaria Stad Mogale PM 2 500 Skoon Skoon

Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek oor dorpe waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Edenvale, Kempton Park, Nigel, Randfontein, Springs, Vereeniging en Vanderbijlpark. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Naude.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater-en-rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word,” sluit Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek af.

AfriForum versoek inwoners van Gauteng-Suid om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45342 en voeg jou steun tot hierdie aksie. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings