|

AfriForum-tak in Dealesville skenk teer vir slaggate

AfriForum se Dealesville-tak is in die proses om slaggate in samewerking met gemeenskapslede buite dié dorp op te vul. Hierdie projek word deur die boere van die gemeenskap behartig omdat die paaie nie deur die munisipaliteit in stand gehou word nie. Die slaggate het reeds al groot skade aan motoriste se voertuie aangerig.

Die tak het altesaam vyf ton teer aan die projek geskenk om te help met die opvul van die slaggate buite Dealesville in die rigtings van Bloemfontein en Boshof.

“Slaggate bly ’n groot probleem in dié dorp en AfriForum se Dealesville-tak wil graag die projek in samewerking met die gemeenskap ondersteun. Slaggate hou ’n veiligheidsrisiko in vir motoriste en die skade aan voertuie ruk hul sakke. Ons moedig die gemeenskap en besighede aan om betrokke te raak,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein

Raak vandag nog betrokke by AfriForum om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “AfriForum” na 45344(R1).

Soortgelyke plasings