|

Viljoenskroon-tak verf padmerkers by 19 stopstrate in twee dae vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het hierdie week padmerkers by 19 stopstrate (sewe kruisings) in dié dorp geverf. Die padmerkers is by hierdie kruisings geverf: Campbell- en Engelbrechtstraat, Campbell- en Denyssenstraat, Campbell- en Piet Retiefstraat, Kerk- en Denyssenstraat, Denyssen- en McGregorstraat, Campbell- en Viljoenstraat en Viljoen- en Kerkstraat.

Hierdie aksie maak ’n reuseverskil aan die veiligheid van die dorp aangesien heelwat van die stoptekens weg is of só verbleik is dat dit nie duidelik sigbaar is nie. Dit was veral gevaarlik vir besoekers wat nie die dorp goed ken nie.

“Hierdie was ’n reuse-poging van die tak se kant af om ’n  daadwerklike verskil in die dorp maak. Dit is baie belangrikheid vir die veiligheid in die strate en ek is baie dankbaar dat die tak hierdie poging aangewend het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy by die AfriForum-tak wil betrokke raak, kontak vir Boet Wienand by 082 888 1708.

Soortgelyke plasings