AfriForum-takke in Noordwes oorhandig plaasaanvalmemorandum aan SAPD


AfriForum se takke in Potchefstroom, Wolmaransstad en Ventersdorp het op 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié dorpe oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig. Dié polisiestasies het die memorandums met ’n positiewe gesindheid ontvang.
AfriForum het ook die memorandum by polisiestasies in dorpe oorhandig waar daar nog nie AfriForum-takke is nie. Dit sluit in Heilbron, die Barrage naby Vanderbijlpark, Buffelshoek, Parys, Kroonstad, Koppies, Viljoensdrif, Heuningspruit en Vredefort. Die memorandum is in die meeste gevalle positief ontvang.

“Dit is vir AfriForum belangrik om ’n goeie verstandhouding met die SAPD te hê en ons is dankbaar vir elke polisielid wat hul samewerking tydens die oorhandiging van die memorandum gegee het. Met hierdie soort aksies beklemtoon ons weer eens dat plaasaanvalle geprioritiseer moet word,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraalstreek.

AfriForum is tans besig om strukture te skep en te versterk wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase.
Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings