AfriForum-teenboelieveldtog besoek Laerskool Krugersdorp-Noord


Die burgerregte-organisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 6 Augustus 2018 by die Laerskool Krugersdorp-Noord besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.

“AfriForum wil met sy teenboeliepraatjies saam met leerders, onderwysers en ouers werk om afknouery in skole stop te sit en betrokke partye met die kennis toe te rus om dít te doen,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling.
“Laerskool Krugersdorp-Noord se missie is om ’n bevorderlike en veilige leeromgewing te skep waar leerders en onderwysers tot hul volle potensiaal kan ontwikkel binne ’n Christelike, Afrikaanse raamwerk. Derhalwe wil ons ook afknouery in ons skool hokslaan,” sê Quintin Botha, departementshoof van Laerskool Krugersdorp-Noord.
“Dit is noodsaaklik om deur middel van opleiding, rigtinggewing en ondersteuning in jongmense te belê. Sodoende help ons nie net met die opheffing van vandag se leiers nie, maar ook dié van môre. Dit bly ’n voorreg om saam met ouers, onderwysers en die gemeenskap hande te vat om afknouery in skole te bekamp,” sê Albert van Wyk van School of Life.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings