|

AfriForum verleen hulp aan polisie tydens operasie in Ermelo

Die AfriForum-buurtwag in Ermelo het op 13 Oktober in samewerking met Spartan Training die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gehelp tydens ’n operasie waar onwettige mynbedrywighede geteiken is.

Gedurende die operasie het AfriForum hulp verleen met lugbystand sowel as inligting aan die SAPD gekommunikeer. Altesaam 271 arrestasies is uitgevoer en verskeie voertuie is gekonfiskeer. Meer as die helfte van die verdagtes is buitelanders.

“Hierdie operasie was ’n groot sukses en ons is dankbaar om ’n bydrae te kon lewer,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Sluit vandag nog aan by die AfriForum-tak in Ermelo: SMS “Ermelo” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings