AfriForum verwelkom die afdanking van Zwane en Kie.


Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afdanking van ministers Mosebenzi Zwane, David Mahlobo, Lynne Brown, Des van Rooyen en Fikile Mbalula verwelkom.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was dit van kardinale belang dat ministers wat met staatskaping verbind is, asook diegene wat onbekwaam was vir die pos wat hulle bekleë het, uit die kabinet verwyder moes word om ‘n nuwe begin moontlik te maak.
AfriForum is volgens Kriel ontevrede daarmee dat die omstrede David Mabuza as adjunk-president aangewys is en dat Bathabile Dlamini weer in die kabinet opgeneem is.
Kriel spreek ook sy kritiek uit omdat die kabinet nie verklein is nie.

“AfriForum sal die nuwe kabinetslede met ‘n valkoog dophou om te verseker dat hulle verantwoordbaar gehou word en nie meedoen aan plundering van die staatskas soos wat hulle voorgangers gedoen het nie,” sê Kriel.

 

Soortgelyke plasings