|

Benoni-tak maak dorp met skoonmaakprojekte netjies

AfriForum se Benoni-tak het die afgelope Januarie nie gras onder hulle voete laat groei nie. Dié tak het drie skoonmaakprojekte aangepak waaronder twee parke in die Benoni-area opgeruim is.

Die onlangse hittegolf het nie die tak gestuit om self in te spring en hulle parke en omgewing op te ruim nie. Taklede het, met behulp van twee grassnytrekkers, die park se gras tussen Mowbray-, Kimbolton- en Wootenstraat gesny. Die park op die hoek van  Princess- en Main Reefstraat se gras is deur twee lede ook met grassnytrekkers gesny. Altesaam is daar die afgelope maand ses hektaar se gras gesny en 180 swartsakke vullis opgetel.

Die opruiming van die parke was ’n groot sukses en baie gemeenskapslede het die tak genader om self betrokke te raak.

Die Benoni-tak het Januarie se driekuns met ’n aksie by Great Northstraat afgesluit deur onkruiddoder op die sypaadjies  te spuit.

“Ek is baie opgewonde oor alles wat die Benoni-tak doen en moedig mense aan om betrokke te raak om sodoende teen die verval van ons dorpe terug te veg,” sê Jurie Ferreira, distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

 Om betrokke te raak, of om aan te sluit: SMS “Benoni” na 45340 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings