|

Benoni-tak vul reusehoeveelheid slaggate in dorp op

AfriForum se Benoni-tak het tydens Mei slaggate aangepak. Die tak vul regdeur die jaar slaggate op maar in Mei het dié tak besluit om hul volhoubare slaggatprojek nóg verder uit te brei.

Die groot hoeveelhede reën wat die afgelope paar maande geval het, het verwoesting op Benoni se paaie gesaai. Dit het daartoe gelei dat taklede twee dae per week spandeer het om slaggate op te vul. Gedurende die projek is sowat 240 slaggate opgevul en 340 sakke teer (8,5 ton) is gebruik. Die paaie waar die tak slaggate herstel het sluit onder meer in 2de -, 3de -, 4de -, Goodman-, Potgieter-, Retief- Malcom-en Elstonstraat.

“Die doel van dié projek is om te verseker dat Benoni se paaie en infrastruktuur nie verder verval en agteruitgaan weens swak instandhouding nie en ek glo dat hierdie aksie ’n groot verskil aan die veiligheid van motoriste gaan maak,” sê Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

“Hierdie projek het my werklik hoop gegee. Dit is wonderlik om te sien hoe ’n gemeenskap inisiatief neem om slaggate op te vul. Ons glo dat dit al die inwoners sal aanspoor om by die Benoni-tak aan te sluit en met soortgelyke projekte te help,” sluit Ferreira af.

Die Benoni-tak doen ’n beroep op die publiek om betrokke te raak in hulle gemeenskap en by dié tak aan te sluit deur Archie Mouyis by 084 976 1234 te skakel, of afriforum.benoni@gmail.com te besoek.

Soortgelyke plasings