|

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig

AfriForum se Bethal-tak het op 25 Augustus ’n gevaarlike kruising op die N17 beveilig deur ’n boom te snoei.

Die boom, wat op die hoek van Tsibitsa Sibanyonistraat en die N17 groei, het dié kruising se stoptekens versteek. Bethal-inwoners was bekommerd omdat vragmotors nie die stoptekens kon sien nie en dan volstoom oor die kruising gery het.

Lede van AfriForum se Bethal-tak het die boom se takke gesnoei en netjies gemaak. Die plantafval is ook verwyder en by die plaaslike vullisterrein weggegooi.

“Ons is bly dat ons die kruising kon help beveilig. Projekte soos dié is klein, maar red lewens,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Sluit vandag nog by AfriForum se Bethal-tak aan. SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings