|

Rustenburg-tak vul slaggate op

AfriForum se Rustenburg-tak het op 8 en 9 Mei slaggate opgevul. Die area wat op gefokus is, is Lucasstraat. In totaal is daar ’n indrukwekkende 1,675 ton teer gebruik om al die slaggate op te vul.

Die Rustenburg-tak is toegewyd aan die verbetering van die dorp se padnetwerk en die veiligheid van die gemeenskap. Motoriste kan nou met gemoedsrus hierdie pad gebruik.

“In hierdie uitdagende tye kan ons, deur saam te werk, ’n verskil maak. Deur slaggate op te vul, wys ons ons vasberadenheid om ons gemeenskap se behoeftes  te takel en ’n veilige omgewing vir almal te skep,” sê Armand Viljoen, AfriForum se  distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum se Rustenburg-tak waardeer die samewerking en ondersteuning van die gemeenskap gedurende hierdie projek. Dit is ’n bewys van die gemeenskap se toewyding aan hul omgewing.

“Ons bedank graag die volgende ondernemings wat hierdie projek ’n sukses gemaak het: Obaro se skenking van 25 sakke teer, Sebetsa Trading vir hul skenking van 20 sakke teer en verversings, Coastal Hire vir hul toerusting vir die projek en Mini Build se skenking van een kubieke meter se grys,” sluit Viljoen af.

AfriForum se Rustenburg-tak moedig die publiek aan om aktief betrokke te raak en deel te wees van die tak se toekomstige projekte en inisiatiewe. Skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905 en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings