|

Bethal-gemeenskapsgroentetuin lewer volhoubare voedselproduksie

AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal het oor die afgelope ses maande volhoubare voedselproduksie aan die gemeenskap gelewer.

Gedurende die eerste paar dae van Mei is daar reeds meer as 150 kg spinasie geoes en aan behoeftige organisasies in die omgewing van Bethal geskenk.

Hierdie seisoen was daar ook uie, tamaties, mielies en blaarslaai in produksie gewees, terwyl daar ook al ’n groot hoeveelheid beet aangeplant is wat binnekort geoes kan word.

“Hierdie projek help maandeliks verskeie gesinne om kos op die tafel te sit en ons is opgewonde vir wat die toekoms inhou,” sê Marilé Nieuwoudt, koördineerder vir die Bethal groentetuinprojek.

Soortgelyke plasings