|

Bethal-groentetuin skenk spinasie aan sopkombuis

Die AfriForum-tak in Bethal het op 5 April spinasie uit hul gemeenskapstuin geoes en 80 kg daarvan aan die Bethal-sopkombuis geskenk.

Hierdie groentetuinprojek is begin om ’n langtermyn verskil te maak in die stryd teen armoede en help die gemeenskap op ’n volhoubare wyse.

Gedurende die 2021/22-seisoen is daar reeds meer as een ton spinasie, 120 kg uie, tamaties en mielies geoes. Van die aanplantings is ook na ander dorpe in die omgewing versprei en verskeie organisasies het daarby gebaat.

“Ons is dankbaar vir die reusesukses wat ons behaal en sien uit na wat die toekoms vir die projek inhou,” sê Marilè Nieuwoudt, koördineerder vir die groentetuinprojek.

Soortgelyke plasings