|

Bethal-tak maak dorp skoon; skenk groente

AfriForum se Bethal-tak het op 9 Junie ’n skoonmaakprojek rondom die Midnight-vulstasie en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging voltooi.

Tydens hierdie projek is twee dae afgestaan om die gras rondom die hoofpaaie van hierdie dorp te sny en vullis is ook opgetel. Hierdie area word glad nie deur die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit of Sanral onderhou nie en skep ’n onveilige omgewing vir motoriste wat nie kan sien wat agter die bosse skuil nie. Drie bakkievragte gras en vullis is tydens die projek verwyder.

Intussen is daar is ook groente geoes uit AfriForum se gemeenskapsgroentetuin in Bethal waarvan meer as 60 kg se groente aan die Bethal-sopkombuis geskenk is.

“AfriForum se Bethal-tak sal nie moed verloor met die dorp nie. Al is daar bitter min tot geen merkbare dienslewering vanaf ander entiteite nie, sal ons aanhou om ons mandaat na te kom,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Wys jou steun vir AfriForum in Bethal: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings