|

AfriForum se Vanderbijlpark-tak maak substasie skoon

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 23 Julie saam met gemeenskapslede die substasie in Carpentierstraat skoon gemaak. Hierdie substasie was die afgelope tyd deur veral vandale en kabeldiewe geteiken.

Die tak het besluit om die substasie te beveilig ná die gemeenskap die Vanderbijlpark-tak genader het vir raad en hulp oor die toestand van die substasie.

As deel van die tak se poging om die substasie te beveilig gaan die tak ook verder die deure wat verwyder is vervang en die heining om die substasie herstel. Sekuriteit Sonder Grense gaan ook die alarmstelsel in die substasie herstel en ook die monitering daarvan in die toekoms behartig.

Volgens Hendrik Small, veiligheidsleier van AfriForum se Vanderbijlpark-tak, is dit belangrik dat om die gemeenskap by te staan en self begin om infrastruktuur te beveilig. “Die diefstal van infrastruktuur in Emfuleni is besig om ’n baie groot probleem te word en sonder die gemeenskap se hulp gaan dit nie gestop kan word nie.”

Mense wat by hierdie aktiewe tak wil aansluit, kan e-pos stuur na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings