|

Bethal-tak voltooi slaggatprojek met 150 sakke teer

AfriForum se Bethal-tak het op 21 September nóg ’n slaggatprojek op dié dorp voltooi. Tydens die projek is 150 sakke teer gebruik om Tsibitso Sibanyonistraat te herstel. Die projek het gefokus op dele van hierdie straat wat die tak nie met die vorige projek kon aanpak nie.

Daar is ook verder aandag gegee aan ’n paar ander slaggate wat gevaarlike verkeerstoestande geskep het, soos die slaggat in die duikweg by die Nestlè-brug. Dié gat het menigte motoriste gefrustreer en skade aan voertuie aangerig.

Daar is ook ’n skoonmaakprojek voor die plaaslike Dierebeskermingsvereniging en in die veld langs die Total Janmari-vulstasie voltooi. Tydens hierdie projek is meer as 100 sakke vullis opgetel en verwyder.

“Ons is dankbaar om die verskil in ons dorp te kon maak en daag die gemeenskap uit om te help waar moontlik,” sê Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak.

Soortgelyke plasings