|

Bethlehem-tak knap Hoërskool Witteberg se netbalbaan op

Lede van die AfriForum-tak in Bethlehem het die afgelope week gewoeker om Hoërskool Witteberg se terrein meer toeganklik te maak en die netbalbaan op te knap.

Die tak het 2.5 ton teer gebruik om die slaggate in die looppaadjies en ander paadjies op die skoolterrein te vul. Verder het die tak ’n slurriemengsel (’n tipe teermengsel) gebruik om die netbalbaan gelyk te maak. Die slurriemengsel is oor die 900m2 netbalbaan geverf om sodoende ’n dun lagie teer op die oppervlak te los wat sal verhoed dat die krake en klein gaatjies in die baan groter word.

Die skool het die teer aangekoop en die AfriForum-tak het hul toerusting en hulle lede se kennis van slaggate vul ingespan vir hierdie reusagtige taak.

“Ons as gemeenskap moet saamspan om projekte aan te pak wat die jeug sal help presteer. Skole is ’n belangrike deel van gemeenskappe en as ons die kennis en vaardighede het om hulle te help dan moet ons dit doen,” sê Christa Ikking, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Sluit vandag nog aan by jou plaaslike tak en help só om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. Besoek www.wordlid.co.za of kontak vir Christa Ikking by 066 486 7612.

Soortgelyke plasings