| | |

KENNER GEE GROEN LIG VIR IVERMEKTIEN; BEROEP OP SAHPRA GEDOEN OM AANBEVELING TE VERANDER

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) ’n dringende beroep op dié instelling gedoen om hul aanbeveling oor die gebruik van ivermektien vir die behandeling van COVID-19 te verander na “aanbeveel vir behandeling van COVID-19”. Dit volg nadat dr. Andrew Hill van die Universiteit van Liverpool aanbeveel het dat ivermektienbehandeling vir elkeen wat positief toets vir COVID-19, die weg is wat voortaan gevolg moet word. Hill het gereageer op ’n studie oor verhoogde oordraagbaarheid van nuwe variante van die koronavirus.

“SAHPRA het baie sterk gesteun op dr. Hill se mening om hul aanbeveling oor ivermektien te maak. Dr. Hill beveel nou aan dat ivermektien gebruik moet word vir die behandeling van COVID-19-pasiënte. Slowakye, Zimbabwe en Peru het reeds ivermektien goedgekeur vir die behandeling van COVID-19. Ivermektien is veilig, is reeds deur ander regerings goedgekeur en daar is verskeie studies wat wys dat dit werk – daar is geen rede vir SAHPRA om nie hul aanbeveling oor ivermektien te verander nie,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

’n Afskrif van dié brief is ook aan die minister van gesondheid en die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gestuur.

Soortgelyke plasings