|

Bethlehem-tak op hoë gereedheid vir winterbrande

AfriForum se Bethlehem-tak het vandeesweek begin om toegegroeide velde teen veldbrande te beveilig voordat die winter se droë toestande behoorlik posvat. Dié tak het begin om lang gras te sny en rommel op te tel wat dikwels katalisators vir verwoestende veldbrande is.

Die veld in Paul Laeseckestraat, wat oorkant die Panorama-woongebied geleë is, is eerste getakel, aangesien dit nie in stand gehou word nie en dit dan gereeld as wegkruipplek vir inbrekers gebruik word of onder rommel toegegooi is. AfriForum het dié veld se gras gesny om te verhoed dat daar brande ontstaan en om dit moeiliker te maak vir onwettige bedrywighede om daar plaas te vind.

“Selfs die kleinste projekte kan die grootste verskil maak, daarom moedig AfriForum gemeenskappe aan om betrokke te raak en elke onderneming soos hierdie met ywer aan te pak. Saam kan ons ’n groot verskil in Bethlehem maak,” sê Christa Ikking, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Besoek www.wordlid.co.za om by AfriForum se Bethlehem-tak betrokke te raak.

Soortgelyke plasings