| |

Vullisterreinoudit: Wes-Kaap

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Slegs 14 uit die 25 vullisterreine wat in die Wes-Kaap geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in die Wes-Kaap:

Volgens Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, is die meeste vullisterreine in die Wes-Kaap in ’n aanvaarbare toestand. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ’n proaktiewe plaaslike regering. AfriForum is egter steeds nie tevrede met die resultate nie en sal deurlopend druk uitoefen om alle vullisterreine op standaard te bring.”

“Die algemeenste probleme wat AfriForum-takke tydens hierdie oudit in die Wes-Kaap opgemerk het, is sekuriteit en toegangsbeheer. Dit is ’n groot bron van kommer aangesien die munisipale amptenare van die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit nie tot verantwoording geroep word nie. Daar word byna geen beheer oor die vullisterrein uitgeoefen nie. Die persone wat daar teenwoordig is, is glad nie toegerus om hul pligte doeltreffend te verrig nie,” sê Benade.

Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is duidelik dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan.

Hierdie situasie kan daaraan toegeskryf word dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) deur drie verskillende regeringsfere beheer word. Die nasionale departement het slegs bevoegdheid om op nasionale vlak wette, beleide, norme en standaarde vas te stel, maar hulle het geen bevoegdheid op provinsiale of munisipale vlak nie. Die provinsie rapporteer aan die provinsiale LUR, nie aan die minister nie. Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die DBVO kommunikeer ook nie met mekaar nie en bring dus nog ʼn uitdaging mee.

Klik hier en lees die volledige verslag.

Soortgelyke plasings