|

Bo-Karoo-tak wys nuwe, ywerige bestuur aan

Die AfriForum-tak in die Bo-Karoo het 30 Augustus hul nuwe takbestuur aangewys. Dié bestuur is slaggereed en opgewonde om die gemeenskap te dien. Dié bestuur vorm ook deel van die Bo-Karoo-steunkring wat dieselfde aand gestig is.

Die nuwe bestuur is Adolf Oosthuizen (voorsitter), Pieter Bischoff (ondervoorsitter), Donald Mc Nicol (sekretaris), Magdaleen Kleynhans (tesourier) en Daniël Coetsee (veiligheid).

Die nuwe takbestuur sal op veiligheid fokus in Vanderkloof, Petrusville, Phillipstown, Luckhoff, Orania, Hopetown, De Aar en Britstown.

“Ek is opgewonde oor die nuwe bestuur, want ek kan sien dat hulle baie lus is om ’n verskil in die Bo-Karoo te maak. Ek wil ’n beroep op die gemeenskap doen om betrokke te raak, dit is immers julle omgewing waarvoor julle lief is,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste tak aan te sluit en só ’n daadwerklike verskil in jou omgewing te maak.

Soortgelyke plasings