|

Bronkhorstspruit-tak hou kranslegging by die Slag van Bronkhorstspruit-monument

Die AfriForum-tak in Bronkhorstspruit het op 24 September ’n kranslegging by die Slag van Bronkhorstspruit-monument op Klipeiland gehou.

Alhoewel die Slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 plaasgevind het, is Erfenisdag gekies as die geskikte dag om die kranslegging te hou. Ds. Gerhard Olivier het die toeskouers met ’n kragtige boodskap toegespreek en met gebed geopen. Kol. Chris van Wyk (afgetree) het meer inligting oor die oorsprong en die huidige ligging van die monument gegee.

Na afloop van die verrigtinge het almal Erfenisdag by die NG Kerk Nooitgedacht gevier.

“Ons moedig graag die plaaslike skole, ondernemings en alle inwoners aan om by ons projekte betrokke te raak en ons gemeenskap te verbeter. Dis wonderlik om te sien hoe tak-strukture al hoe meer volhoubare aksies  in hulle gemeenskappe bestuur. Die geskiedenis is bitter belangrik en speel ’n belangrike rol in ons almal se lewens. Dit help ons om uit die verlede te leer en om sodoende beter besluite in die toekoms te neem. Daarom is dit só belangrik dat hierdie geskiedkundige monumente, wat ons aan die verlede herinner, vir die toekoms behoue moet bly,”  sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

Sluit gerus met ’n vrywillige maandelikse bydrae aan deur op die gratis Telegram-boodskap-toepassing ’n kort verifikasie by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen, of SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings