|

Buurtwaglede in Piet Retief leer oor wapenhantering

AfriForum se Piet Retief-buurtwag het op 13 Mei opleiding in basiese vuurwapenhantering ontvang.

Hierdie opleiding het gefokus op die korrekte dra en hantering van ’n vuurwapen binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse wetgewing. Daar is ook in diepte gekyk na wanneer ’n mens ’n vuurwapen mag gebruik om jouself te beskerm.

Altesaam 14 buurtwaglede het aan die opleiding deelgeneem.

“Terwyl misdaad tans seëvier in die land en die SAPD oorweldig, is dit noodsaaklik vir die lands burgers om hulself binne die raamwerk van die wet te verdedig,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Hoëveld.

Soortgelyke plasings