|

Hartbeesfontein-buurtwag maak areas om kragbokse skoon

AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag, wat deel van AfriForum se Klerksdorp-tak is, het Saterdag areas rondom sewe kragbokse in en om Hartbeesfontein skoongemaak. Tydens beurtkrag is kabeldiefstal aan die orde van die dag, daarom was dit nodig om die areas om die kragbokse oop te sny en sodoende te beveilig.

Agt lede van die buurtwag, ’n plaaswerker, ’n lid van die Hartbeesfontein se gemeenskapsvereniging en drie werkers het gehelp. Hulle het die bosse en gras met ’n trekker, bossiekappers en pangas getakel. Afgesien van die kragbokse, is daar ook 4 km se gras in die woongebied gesny.

“Dis lekker dat hierdie buurtwag alle aspekte van veiligheid takel. Behalwe dat dit beter lyk, maak die kort gras dit ook vir boosdoeners moeiliker om weg te kruip en kwaad te doen,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Indien jy deel wil word van hierdie wenspan, kontak Theresa Cronje by 066 207 2525.

Soortgelyke plasings