|

Utrecht-tak laat plaaslike polisiekantoor se kragopwekker diens

Die AfriForum-tak in Utrecht het die plaaslike polisiekantoor se kragopwekker opgeknap en laat diens nadat dit alreeds ongeveer drie jaar probleme gee. Dit het onder die tak se aandag gekom dat die polisiekantoor in donkerte gehul is tydens die voortslepende kragonderbrekings weens beurtkrag.

“Ons het verneem dat die plaaslike polisiekantoor se kragopwekker nie optimaal funksioneer nie en het dit goedgedink om in te gryp. Dit is vir ons belangrik dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens te alle tye hul diens kan lewer en nie deur beurtkrag geaffekteer word nie,” sê Anton Snyman, AfriForum se takvoorsitter vir Utrecht.

“Ons sien daagliks hoe ons takke in KwaZulu-Natal al hoe meer betrokke raak met kritiese noodsaaklikhede vir hul gemeenskappe,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal. 

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in Utrecht te maak: SMS “Utrecht” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings