|

Chrissiesmeer minder stink en meer blink danksy nuwe AfriForum-asdromme

AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak het sedert die begin van vandeesmaand (Augustus) 18 asdromme in die dorp aangebring. Groen dromme, met die AfriForum-logo daarop, is onder meer by McCloud’s en Frog Coffee Shop aangebring.

Hierdie aksie is begin aangesien daar geen ordentlike asdromme in die dorp meer oor is nie. Entrepreneurs aanskou daagliks hoe mense rommel in die strate voor hul winkels neergooi en juis daarom is ’n nood vir nuwe asdromme geïdentifiseer. AfriForum se hoofkantoor in Centurion het die asdromme geskenk, terwyl die Ermelo- en Chrissiesmeer-tak die dromme op die nodige plekke aangebring het.

AfriForum sal die asdromme weekliks diens (leeggemaak) sodat die dorp op ’n volhoubare basis skoongemaak word. Die dromme is ook vasgebout sodat misdadigers dit nie steel nie.

“Die dorp is afhanklik van toerisme maar niemand wil in ’n vuil dorp stilhou nie. Met hierdie projek wil ons verseker dat ons dorp skoon bly,” sê Millicent van den Heever van AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum in Ermelo en Chrissiesmeer te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings