#OnsDorp-veldtog: AfriForum-tak in Bultfontein verskerp veiligheid by polisiestasie

AfriForum se Bultfontein-tak het gedurende die naweek van 29 November die veiligheid by Bultfontein se polisiestasie verskerp deur ligte by die aanhoudingselle te installeer.

Die omgewing rondom die selle is só swak belig, dat polisiebeamptes tans spreiligte gebruik wat eintlik vir padblokkades bedoel is. Daarom het die Bultfontein-tak besluit om ligte te installeer, ter wille van dié beamptes se veiligheid tydens aandpatrollies.

“Dit word snags pikdonker by die selle, wat die polisiebeamptes se veiligheid in gedrang plaas. Ons glo dat die tak op wyses soos hierdie ’n verskil in die gemeenskap kan maak en hoop dat hierdie projek ander inwoners sal aanmoedig om ook betrokke te raak,” sê Tony Swanepoel, voorsitter van AfriForum se Bultfontein-tak.

 

“Die Bultfontein-tak en -buurtwag sal voortgaan om misdaad in die dorp te bekamp en sodoende ook die gemeenskap bystaan,” sê Jp Nel, AfriForum se koördineerder vir die Hoogland.

Raak vandag nog by AfriForum se Bultfontein-tak betrokke en wees deel van die oplossing: SMS “Bultfontein” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings