|

Community in Blue kry opleiding saam met AfriForum se Bellville-buurtwag

Die Community in Blue (CIB) het die afgelope naweek saam met AfriForum se Bellville-buurtwag opleiding ontvang. Sowat 30 mense het die opleiding by die Baruch-herlewingsentrum in Bellville bygewoon. Hierdie opleiding is ’n inisiatief van die plaaslike AfriForum-buurtwag nadat dit aan die lig gekom het dat die CIB ’n behoefte het aan goeie opleiding. Daar is goeie samewerking tussen die verskeie veiligheidstrukture in Bellville, veral gedurende operasies en misdadige voorvalle.

Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus, het die opleiding aangebied.  Deelnemers het meer geleer oor toneelhantering, ongelukstoneelhantering, regsaspekte, patrollies, asook bevel en beheer.

“Dit was die moeite werd om hierdie dag op te offer, want die opleiding en inligting wat gedeel is, was broodnodig. Almal het daarby gebaat,” sê Johan Fritz van AfriForum se Bellville-buurtwag.

Volgens Crous is hierdie opleiding doeltreffend omdat strukture bemagtig word om ook die SAPD en ander instansies se hande te versterk. Gesamentlike opleiding soos dié dra ook uiteindelik by tot die veiligheid van die gemeenskap.

Kaptein Loretta Dippenaar, die sektorhoof vir die Bellville-polisiekantoor, en haar span het die opleiding bygewoon en ook insette gelewer.

Enigiemand wat by die buurtwag wil aansluit, kan vir Fritz by 081 853 7451 kontak.

Soortgelyke plasings