Delmas-gemeenskap leer hoe om veiligheid op te skerp

Die AfriForum-tak in Delmas het op 1 Augustus in samewerking met Fortis Pro Active Defence ’n insiggewende praatjie oor veiligheid vir die Delmas-gemeenskap aangebied.

Tydens die gesprek is daar ’n algemene oorsig van die misdaadsituasie in die land bespreek en hoe dit mense raak.

Die spreker het ook algemene veiligheidsaspekte in en rondom die huis bespreek en ’n vinnige oorsig gelewer oor items waarmee inwoners hulself kan verdedig. Die items, wat oor ’n wye spektrum strek, is besigtig en scenarios waaronder dit gebruik kan word, is ook bespreek. Die regsaspekte van selfverdediging is ook aangeraak.

“In die tyd waarin ons tans leef, is dit belangrik om verskeie scenario’s rakende misdaad te bespreek. Ons kan nie van misdaad af wegskram nie en ons moet weet wat om te doen as dit ons tref,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

Soortgelyke plasings