DIE GEVOLGE VAN SONDER ’N TESTAMENT STERF:

  1. Dit kan ernstige konflik tussen familielede veroorsaak wat verhoudings laat verbrokkel.
  2. Jou familie moet nou keuses uitoefen oor wie beheer van jou bates moet neem en wie as die eksekuteur van die boedel aangestel moet word, en dit in ’n tyd waar hulle deur ’n rouproses gaan.
  3. Jou geliefdes word onder emosionele en finansiële druk geplaas met ontnugterende koste wat hulle moet probeer hanteer.
  4. Die Wet op Intestate Erfregopvolging sal bepaal hoe jou beleggings, bates en besittings verdeel gaan word, wat nie noodwendig aan jou wense mag voldoen nie. Jou geliefdes se nalatenskap kan hulle ontneem word.
  5. Die eksekuteur sal geregtig wees op die statutêre eksekuteursfooi (soos bepaal in die regulasies van die Boedelwet), wat tans 3,5% van die totale waarde van die boedelbates beloop asook 6% vergoeding op alle inkomstes wat na jou afsterwe ontvang, en deur die eksekuteur namens die boedel gevorder word. Voorgenoemde kan verhoed word deur die opstel van ’n testament en ’n fooi kan met die eksekuteur onderhandel word.
  6. Jou kinders sal in die sorg van naaste familie, wat nie noodwendig die voog is wat jy self sou kies nie, geplaas word.
  7. Minderjarige kinders se kontant erfporsie sal na die Voogdyfonds oorbetaal word wat deur die Meester van die Hooggeregshof geadministreer word. Om toegang tot die fondse te verkry, kan ’n uitdagende en uitgerekte proses wees.

Stel ’n testament op en verseker gemoedsrus vir jou geliefdes!

Soortgelyke plasings