|

Ermelo-tak onderhou en beveilig plaaslike begraafplaas

Die AfriForum-tak in Ermelo het gedurende April ’n projek geloods om die plaaslike begraafplaas op te ruim.

As gevolg van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit se gebrek aan dienslewering, is die terrein heeltemal toegegroei van die gras. Intussen het AfriForum ’n kontrakteur aangestel om op ’n gereelde basis die begraafplaas se gras te sny.

Die tak hou op 24 April tussen 12:00 en 14:00 ’n beveiligingsaksie by die begraafplaas om die gemeenskap die geleentheid te gee om hul geliefdes se grafte veilig te besoek. Hierdie projek is deur Mpumalanga Veiligheid begin en vind elke derde Sondag van die maand plaas in samewerking met AfriForum se Ermelo-buurtwag, TLU SA, Mpumalanga Landbou, sektor-polisiëring en Spartan Training. Gedurende hierdie projek word die begraafplaas gepatrolleer, terwyl besoekers ook na die grafte vergesel word.

“Voordat die gras gesny is, het besoekers, waaronder heelwat bejaardes, gesukkel om sonder hulp op die terrein rond te beweeg en juis daarom is hierdie projek geloods,” sê Renier van Heerden, AfriForum se voorsitter van die Ermelo-tak.

Soortgelyke plasings