|

Bellville-buurtwag-lid vind gesteelde motor

CJ Scholtz, ’n lid van AfriForum se Bellville-buurtwag, het op Donderdagoggend 23 Februarie ’n verdagte voertuig in ’n industriële gebied gewaar. Die bestuurder van die motor was nie te sien nie en die motor was effens weggesteek. 

By navraag aan die plaaslike SAPD kon niks oor die motor geleer word nie. Scholtz het egter voortgegaan om besonderhede van hierdie motor op plaaslike veiligheidsgroepe te versprei toe inligting ontvang is oor die eienaar van die motor wat opsoek was daarna. Die eienaar moes egter eers sy registrasiedokumente aan die SAPD wys voordat hulle die saak kon registreer waarna hulle die toneel prosesseer het.

“Die wakker optrede van CJ is weereens ’n bewys dat goeie opleiding en ’n passie vir gemeenskapsveiligheid deel van jou wese raak. Dit is vir ons as tak en veiligheidstruktuur baie belangrik om die regte persone betrokke te kry by ons buurtwagte om die gemeenskap te kan dien,” sê Tommy van Zyl, takvoorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Raak vandag nog betrokke en help om ’n verskil te maak. Stuur ’n e-pos aan info@afriforum.co.za of sluit aan by www.afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings