| |

Feitelik verkeerde polisiestatistieke oor plaasmoorde laat ernstige vrae ontstaan

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se statistieke oor plaasmoorde vir die tweede kwartaal van 2023 gekap.

Die SAPD het vandag hul statistieke bekend gemaak wat aandui dat slegs 14 mense in hierdie tydperk op plase vermoor is. AfriForum het egter vroeër vandeesweek sy statistieke bekend gemaak wat aandui dat 24 mense in dieselfde tydperk op plase vermoor is.

“Of dit onbevoegdheid of kwaadwilligheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens is, kan ek nie sê nie, maar dit is uiters kommerwekkend dat die SAPD nie rekord kan hou van misdaadstatistieke nie. Elkeen van die moorde waarvan AfriForum rekord gehou het, is geverifieer,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.


Volgens AfriForum blyk dit ’n doelbewuste poging van die Suid-Afrikaanse regering te wees om die erns van plaasaanvalle af te maak.

“Eerstens het ons ’n president wat voor internasionale media ontken het dat plaasmoorde plaasvind en nou blyk dit ons het ’n polisiediens wat die kwessie probeer afmaak deur feitelik verkeerde data aan te meld,” sluit Broodryk af.

Soortgelyke plasings