|

Forum Nuus: Dié Week se Blitsflits

Danksy AfriForum se privaatgvervolgingseenheid se ingryping het Sandra Malebe-Thema, ’n polisiegeneraal wat beledigende opmerkings teenoor Riana Stander, die klaer in die saak gemaak het, vandeesweek in die Landdroshof in Oudtshoorn verskyn.

Benewens dié deurbraak het AfriForum se takke het ook ’n besige week agter die rug met tientalle slaggate wat herstel is en rioolprobleme wat op twee dorpe gepak is.

Welkom se rioolprobleme is só ernstig dat riool in sommige inwoners se erwe begin inloop het.

Malebe-Thema wat in 2016 beledigende uitlatings oor Stander, ’n oud-polisiekaptein en ander opleidingsbeamptes gemaak het, het op aanklag van crimen injuria verskyn. Sy het glo beledigende opmerkings oor hul kleredrag, velkleur en gewig gemaak. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik besluit om nie te vervolg nie, maar het van plan verander ná die privaatvervolgingseenheid betrokke geraak het. Dit saak hervat op 2 September.

Ronel Blignaut, adv. Phyllis Vorster, Riana Stander en Tanja Kennedy

In Welkom en Viljoenskroon het die AfriForum-takke ingegryp om rioolprobleme te pak. Die tak in Viljoenskroon het met die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die jarelange rioolprobleem in die dorp waarna die munisipaliteit ’n ingenieur aangestel het om die rioolwerke weer behoorlik op dreef te kry. Herstelwerk het reeds begin en die munisipaliteit het onderneem om teen einde Augustus reeds daadwerklike verbeteringe aan te bring.

Welkom se rioolprobleme is só ernstig dat riool in sommige inwoners se erwe begin inloop het. AfriForum het met die hulp van Fouche Loodgieters blokkasies verwyder aangesien die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit nog niks aan die probleem gedoen het nie. Klagtes is ook al teen die munisipaliteit by die polisie ingedien.

In Rustenburg en Springbok het die AfriForum-takke plaaslike begraafplase opgeknap. Springbok se begraafplaas is 20 jaar laas skoongemaak. AfriForum het intussen skoongemaak en tien drie meter pale geskenk om die heining te herstel. In Rustenburg het AfriForum in samewerking met die Plaaslike Munisipaliteit die begraafplaas skoongemaak. ’n Patrollie met 15 taklede het ook vir die veiligheid van besoekers gesorg.

AfriForum se Bothaville-tak het met die hulp van plaaslike boere slaggate op die R504 herstel. Daar is vir vier dae gewerskaf om bykans 100 m² slaggate te herstel. Tien ton teer is hiervoor aangewend.

AfriForum Jeug se Kemptonpark-tak het onlangs 70 komberse aan die Elim Kliniek geskenk. Elim Kliniek is ’n rehabilitasiesentrum vir verslaafdes. Die AfriForum-tak is reeds sedert 2020 betrokke by die kliniek toe gesigsmaskers en handreiniger tydens die Covid-19-pandemie aan hulle geskenk is.

Wouter Heyneke, Jan Vermaak, Lido (hondjie), Chipo Domboka, Nadia Lingenfelder, Susan van Niekerk en Elize Thesner.

Soortgelyke plasings