Gesondheidswerker

Beste (toekomstige) aanvullende gesondheidswerker,

Het jy afgestudeer maar is nog nie vir jou gemeenskapsdiensjaar geplaas nie? Het jy nog nie bevestiging van jou plasing, indiensnemingskontrak, plek van diens, of begindatum ontvang nie? Wel, jy is nie alleen nie.

AfriForum neem kennis van verskeie gevalle waarin afgestudeerdes wie se beroepe gereguleer word deur die Allied Health Professions Council of South Africa (AHPCSA), bykans geen inligting aangaande hulle plasing en indiensneming vir hulle gemeenskapsdiens jaar ontvang nie – ten spyte van die feit dat hulle amptelik 1 Januarie 2024 moes begin.

Die agterlosigheid van die Departement van Gesondheid plaas nie net onnodige druk op reeds onderbemande hospitale en klinieke nie, maar is boonop uiters nadelig vir diegene wat hulle gemeenskapsdiensjaar moet voltooi voordat hulle hul gekose beroepe kan beoefen.

Indien jy enige uitdagings met betrekking tot jou plasing en indiensneming deur die Departement van Gesondheid ervaar, nooi ons jou uit om saam met AfriForum te staan en die Departement op terme te plaas. Ons beoog om seker te maak dat alle gewillige aanvullende gesondheidswerkers geplaas en in diens geneem word vir hulle gemeenskapsdiensjaar.

AfriForum sal vir jou opstaan en ’n aanmaningskrywe aan die Departement van Gesondheid rig om te verseker dat hulle die plasing en indiensneming van alle aanvullende gesondheidswerkers se gemeenskapsdiensjaar finaliseer.

Voeg jou stem by deur jou inligting met ons te deel in die spasie hieronder: 

"*" indicates required fields

Naam en van*
Datum van aansoek op ICSP
DD slash MM slash YYYY
Datum van plasing (indien van toepassing – heg asb. jou plasingsbrief/-boodskap aan)
DD slash MM slash YYYY
Indien van toepassing – heg asb. jou plasingsbrief/-boodskap aan
Accepted file types: png, jpg, pdf, Max. file size: 5 MB.
Kwalifikasie (heg ’n afskrif van jou kwalifikasie aan)
Drop files here or
Accepted file types: png, jpg, pdf, Max. file size: 5 MB, Max. files: 5.
    Boodskap (skryf ’n kort opsomming van jou ervaring van die plasingsproses sover
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    Soortgelyke plasings