Geweld: Geïsoleerde insidente moenie vir politieke gewin uitgebuit word nie


Geïsoleerde voorvalle van geweld moet met die nodige erns veroordeel word, maar behoort nie buite konteks vir die bevordering van politieke agendas uitgebuit te word nie. Die burgerregte-organisasie AfriForum neem hierdie standpunt in nadat die vakbond Cosatu vandag beweer het dat wit boere ’n “rampage”-moordveldtog teen kwesbare swart plaaswerkers voer.
Dít volg nadat die nuus gebreek het dat ’n swart persoon op ’n plaas naby Krugersdorp doodgeskiet is terwyl hy op ’n trekker gery het. Verskeie media-instellings en organisasies het onmiddellik gespekuleer of verslag gedoen dat die oorledene deur ’n wit boer vermoor is, ten spyte van enige feite wat dié bewering staaf. Dit blyk dat die persoon deur ’n sekuriteitswag geskiet is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die saak deeglik ondersoek moet word en dat die reg sy gang moet gaan. “Om egter hierdie voorval vir ’n politieke veldtog teen wit boere uit te buit, is niks anders as rassistiese aanhitsing nie,” sê Roets.

Soortgelyke plasings