|

Glansgeleentheid om die draai om bestes in Afrikaanse musiekbedryf te vier

Die aanloop tot vanjaar se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings oortref alle verwagtinge en ’n rekordgetal stemme, asook inskrywings, is vanjaar ontvang. Dié onafhanklike toekennings vereer rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf en ’n allemintige 389 inskrywings is vir vanjaar ontvang vir snitte wat vanaf 1 April 2021 tot 31 Maart 2022 uitgereik is. 24 287 stemme is tot en met die afsnydatum op 16 November van die publiek ontvang.

Hierdie gala-aand vind op 29 November in die Choose Life Church in Moreletapark, Pretoria, plaas en Riaan Benadé, Demi Lee Moore, Rocco de Villiers, Elandré, Droomsindroom en Refentse sal onder andere as gaskunstenaars optree.

Daar is 12 verskillende kategorieë en twee spesiale kategorieë vir die Suksesvolste Afrikaanse Liedjie deur ’n manlike en vroulike kunstenaar sal ook tydens die aand aangekondig word. Die wenners word aangewys nadat die stemme volgens ’n voorafbepaalde formule met die beoordelaarsterugvoer gekonsolideer word en deur ’n onafhanklike ouditeursfirma geverifieer is.

Kaartjies vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings is by iTickets beskikbaar en kos R250 per persoon. Vir die winskoop van die jaar sal die eerste 100 mense wat op 25 November kaartjies koop slegs R50 per kaartjie betaal.

Mense wat die geleentheid bywoon gaan nie net na van die land se beste Afrikaanse kunstenaars luister nie, maar ook die geleentheid hê om terug te gee aan die gemeenskap. Pretoria FM en Solidariteit Helpende Hand in Pretoria werk saam om bederfboksies vir behoeftige bejaardes bymekaar te maak wat oor die Kersseisoen oorhandig gaan word. ’n Mooi oorgetrekte skoenboks met lekkernye en niebederfbare items kan na die Aitsas toe saamgeneem word en onder die Kersboom geplaas word. Items wat ingepak kan word sluit in lekkergoed, koekies, room, bedsokkies, ’n boek, kniekombers en ’n notaboek en pen. Mense kan ook produkte saamneem wat Helpende Hand dan self in bokse sal pak.

Die finaliste vir vanjaar se toekennings is:

1.     Nuweling van die Jaar

a.     Corné Pretorius saam met Hunter Kennedy met “Liefde is ‘n werkwoord”
b.     Simoné Roets met “Dans in die donker”
c.     Jodi Jantjies saam met Karen Zoid met “Gee my die woorde”
d.     Alter Ego met “Verlore”
e.     Germandt Geldenhuys met “In geval”
f.      Eloff met “Johnnie Blou”

2.     Liedjieskrywer van die Jaar

a.     Elvis Blue met “Meer as genoeg”, gesing deur Elvis Blue
b.     Christoph Kotze en Elizabeth Kruger met “Hardwerkende Man”, gesing deur Appel
c.     Jo Black, Refentse, Christoph Kotze, Jacques Mouton en Danny Smoke met “Rig jou oë na die berge”, gesing deur Jo Black en Refentse
d.     Johan Oberholzer met “Haat”, gesing deur Corlea
e.     Elvis Blue met “Goud in die vuur”, gesing deur Elvis Blue
f.      Christoph Kotze (Appel) en Paulo Azevedo met “Dina”, gesing deur Appel

3.     Geestelike liedjie van die Jaar

a.     Esté Gross saam met Len Muller met “Hemelruim”
b.     Franna Benadé met “Net soos ek is”
c.     Jannie Moolman en Dewald Gouws met “Met hierdie lofsang”
d.     Jodi Jantjies met “Een Naam”
e.     Franna Benadé met “Krag in die bloed”
f.      Klipwerf met “Die Heiland is gebore”

4.     Alternatiewe/rock liedjie van die Jaar

a.     Spoegwolf met “Vergeet”
b.     Tasché met “Pappa probleme”
c.     Alter Ego met “Verlore”
d.     Zaan Sonnekus met “Ek kan net bid”
e.     Corné Pretorius saam met Hunter Kennedy met “Liefde is ‘n werkwoord”
f.      Spoegwolf met “Slapende honde”

5.     Luisterliedjie van die Jaar

a.     Corlea met “Haat”
b.     Elvis Blue met “Goud in die vuur”
c.     Brendan Peyper met “Op jou spoor”
d.     Appel met “Hier sal jy boer”
e.     Demi Lee Moore met “Jy ken my naam”
f.      Karlien van Jaarsveld met “Fontein op die maan”

6.     Boeremusiekliedjie van die Jaar

a.     Vatvas Dansorkes met “Vaaldam toe”
b.     Donovan de Buys met “Sondebok”
c.     Voetstamp met “Petronella”
d.     Vatvas Dansorkes met “Volstruis Vastrap”
e.     Donovan de Buys met “Misvloer Settees”

7.     Musiekvideo van die Jaar

a.     Johan C Venter en Eric T Graham vir “Vat ‘n bietjie”, gesing deur Riaan Benadé
b.     Christian Wolf en Stephan Hugo vir “RSA is in my DNA”, gesing deur Jan Jan Jan
c.     Johan C Venter en Eric T Graham vir “Wie se hart breek jy vanaand”, gesing deur Demi Lee Moore
d.     Jannes Erasmus en Daniël Rademeyer vir “Hemel op aarde”, gesing deur Bernice West
e.     Christian Wolf vir “Vrystaat Vlaktes”, gesing deur Reën
f.      Johan C Venter en Eric T Graham vir “Ploeg jy?”, gesing deur Ricus Nel

8.     Popliedjie van die Jaar

a.     Ricus Nel met “Ploeg jy?”
b.     Brendan Peyper met “Stop die wêreld ek wil afklim”
c.     Irene-Louise van Wyk met “Tekkies brand”
d.     Appel met “Dina”
e.     Reën met “Vrystaat Vlaktes”
f.      Demi Lee Moore en Riaan Benadé met “Kannie sonder jou”

9.     Vervaardiger van die Jaar

a.     Murray Lubbe vir “Vrystaat Vlaktes”, gesing deur Reën
b.     Juan “Floors” Oosthuizen vir “Meer as genoeg”, gesing deur Elvis Blue
c.     Barthlo Visagie en Paulo Azevedo vir “Fontein op die maan”, gesing deur Karlien van Jaarsveld
d.     Murray Lubbe vir “Dina”, gesing deur Appel
e.     Juan “Floors” Oosthuizen vir “Rowwe Bliksem”, gesing deur Riaan Benadé
f.      Murray Lubbe vir “Op jou spoor”, gesing deur Brendan Peyper

10.   Instrumentale liedjie van die Jaar

a.     Jacques Rautenbach met “Take me home”
b.     Scheppel met “Toe vind ek jou”
c.     Jacques Rautenbach met “My Christmas wish”
d.     Vatvas Dansorkes met “Vatvas se blues”
e.     Scheppel met “Dorp toe”
f.      Jacques Rautenbach met “It’s all in vein”

11.   Afrikaanse liedjie van die Jaar

a.     Corlea met “Haat”
b.     Reën met “Vrystaat Vlaktes”
c.     Elvis Blue met “Dis wie ek wil wees”
d.     Spoegwolf met “Vergeet”
e.     Jo Black en Refentse met “Rig jou oë na die berge”
f.      Brendan Peyper met “Op jou spoor”

12.   Kunstenaar van die Jaar

a.     Riaan Benadé
b.     Elvis Blue
c.     Demi Lee Moore
d.     Bernice West
e.     Appel
f.      Irene-Louise van Wyk

Soortgelyke plasings