|

Groter Moot-buurtspan skrik nie vir harde werk

Die buurtspan van AfriForum se Groter Moot-tak het gedurende Februarie nie een oomblik stilgesit nie. Hierdie span het moue opgerol en sélf ingespring om die omgewing skoner en gevolglik veiliger te maak. Hulle het ook spreekwoordelike klippe uit die gemeenskap se pad gerol.

In hierdie tydperk is 10 hektaar gras gesny, terwyl daar 501 manure op die bossiekappers bestee het. Die buurtspan het ook ’n noodwaterpunt by die Laerskool Wonderboom-Suid herstel en ’n stopkraan bygevoeg.

Verder het die Groter Moot-buurtspan ’n lid van die gemeenskap gehelp toe ’n reuse-boom op die sypaadjie ’n deel van die palissade-heining voor sy huis platgetrek het. Hulle het die boom opgesny en weggery. Hulle het die boom opgesny en weggery.

“Die tak is daaraan toegewyd om ’n skoner en gesonder omgewing vir ons gemeenskap te bevorder. Ons is verheug oor die sukses wat hierdie projekte tot dusver behaal het. Ons glo dat dit ’n positiewe impak op die estetiese waarde van die Moot sal hê en dat dit die algehele welstand van ons inwoners ook positief sal beïnvloed,”  sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Soortgelyke plasings