|

Spoedhobbels nou sigbaar, danksy Noord van die berg-tak

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 4 Maart vier spoedhobbels geverf in Pretoria-Noord. Drie spoedhobbels is in Bakenkloofstraat geverf en een in Wonderboomstraat.

Hierdie projek is van stapel gestuur nadat talle navrae en klagtes uit die gemeenskap ontvang is omdat hierdie spoedhobbels nie sigbaar is nie. Die onsigbare hobbels hou dus ’n risiko in vir padgebruikers.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe te help en om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die gebied maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings