|

Identifiseer waterlekkasies in die Vrystaat.

Dorpe in die Matjhabeng munisipale area gaan al vir ’n geruime tyd gebuk onder waterprobleme. Gemeenskappe, skole, ouetehuise, ondernemings, ens. sukkel elke dag met wateronderbrekings wat vir dae of selfs weke aaneen voortduur. AfriForum het noodwaterpunte in van die areas geïnstalleer waar die gemeenskap kan gaan water haal, maar dit is nie voldoende nie. Mense soek water in hul huise. Een van die groot redes vir die wateronderbrekings is die swak toestand van waterinfrastruktuur. Daar is baie pype wat lek en AfriForum het jou hulp nodig om die lekkasies te identifiseer en aan te meld by die munisipaliteit sodat dit herstel kan word. Daarom versoek AfriForum dat inwoners van die onderstaande dorpe asb. enige waterlekke in of rondom die Matjhabeng munisipale area hier sal aanmeld om ons in staat te stel om die probleem aan te spreek. Ons benodig dus die volgende inligting:

Die lekkasies wat hier vermeld word, sal weekliks na die munisipaliteit gestuur word om herstel te word. Indien die munisipaliteit nie die waterlekke herstel nie behou AfriForum sy reg voor om die hof te nader en hul te dwing om die lekkasies te herstel.

Soortgelyke plasings